Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ballade op die dronkparty " deur G.A. WATERMEYER
" Ballade op die dronkparty " deur G.A. WATERMEYER [boodskap #65517] Sa, 17 Augustus 2002 21:11
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

G.A. Watermeyer
Ballade op die dronkparty

Jou oë sing 'n ou verhaal
van goud wat teen die reënboog lê;
en sal jou lippe teen my lip
'n onvertelde teerheid sê?

Pols jou vingers aan my pols
die boodskap wat die bloed begryp?
Jou mond is met die bitter rooi
van wildebessies ryp.

Wie het die ronding van jou vlees
so soepel om die been gedraai?
En watter heuwels en vallei
die wit mis van jou tabberd toegewaai? ...

Een het my om haar lag verlei,
een, om haar trots, versaak;
en ek, tussen verwyt en leed,
al dronker aan die drink geraak ...

Die liefde is die bitter glas,
die droë glas, die donker glas;
die liefde is die naverdriet
wat in die hart se holte pas.
Vorige onderwerp: " Bosmens " deur PETRA MULLER
Volgende onderwerp: " Winter " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 23:57:58 MGT 2024